Afdelings:
Najaarsrus Sentrum
Sluit die volgende dienste in:
- Administratiewe Dienste
- Voedseldienste
- Terreindienste
- Instandhoudingsdienste
- Sekuriteit
Najaarsrus Tuiste
Sluit die volgende dienste in:
- Verplegingsdienste
- Washuis
- Skoonmaakdienste
- Dienssentrum
Najaarsrus Behuisingskema
Die Behuisingskema bestaan uit 31 woonstelle wat verhuur word:
- 20 bedsitters – 33m² groot
- 11 Eenslaapkamer eenhede 46m² tot 52m² groot
'n Heffing word van jaar tot jaar deur die Bestuur van Najaarsrus bepaal en sluit die volgende in:
- Huur
- Instandhouding
- Munisipale dienste (nie krag nie)
- Tuindienste (sny gras en kante)
- Sekuriteits Dienste
- Geboue versekering
- Bybepaling wanneer ‘n geyser vervang word
- 7 dae per jaar opname in die siekeboeg
- Dienste van ‘n suster
Najaarsrus Deeltitelskema
Die Deeltitelskema bestaan uit 43 woonstelle:
- 10 Tweeslaapkamer woonstelle met 'n motorhuis – oppv. 103 tot 139 m²
- 6 Tweeslaapkamer woonstelle sonder ‘n motorhuis – oppv. 88 tot 123m²
- 9 Eenslaapkamer woonstelle met 'n motorhuis – oppv. 83 tot 109m²
- 18 Eenslaapkamer woonstelle sonder ‘n motorhuis – oppv. 45 tot 70m²
Heffing word van jaar tot jaar deur die Deeltitelskema se Raad van Trustee saamgestel en dit sluit die volgende in:
- Water en ander munisipale dienste
- Versekering van die gebou
- Tuindienste (sny gras en kante)
- Sekuriteit
- Instandhouding (die arbeid)
- 7 Dae per jaar opname in die siekeboeg
- Dienste van ‘n suster
- Die bybetaling wanneer geyser vervang word
Dit sluit nie kragverbruik in nie
Goue Jare Deeltitelskema
Dit is in Rubinstraat geleë – 1,5 km vanaf Najaarsrus. Dit bestaan uit 21 meenthuis eenhede, elkeen met ‘n motorhuis:
- 1 Eenslaapkamer eenheid van 78 m²
- 20 Tweeslaapkamer eenhede vanaf 117 m² tot 176 m²
'n Heffing word van jaar tot jaar deur Goue Jare se Raad van Trustee saamgestel en sluit die volgende in:
- Sekuriteitstelsel
- Tuindienste
- Bybetaling wanneer geyser vervang moet word
- Munisipale dienste
- Versekering van die geboue
- Krag en water verbruik is nie ingesluit nie
NG Welsyn – Najaarsrus tak
Dit is die eienaar van al die geboue en die ontwikkelaar van die Deeltitelskemas.